Ons vertaal vele regsdokument vanaf Engels na ander tale, soos Afrikaans. Baie van ons kliёnt vra ons die volgende vraag: Is dit nie logies om te aanvaar dat, aangesien die wet vereis dat almal regsdokumente verstaan, dat dokumente in meer as een taal moet wees nie?
Dit is ‘n baie goeie vraag. In Suid-Afrika het ons boonop 11 offisiёle tale en meeste lesers van regsdokument is Afrikaans. Die dokumente behoort dus in gewone Afrikaans te wees, nie regs-Afrikaans nie.
Dit kan egter prakties moeilik wees vir ‘n organisasie om dit te doen. Dit kan baie duur en tydrowend wees om ‘n dokument in menigte tale te hê.
Wat ons aanbeveel is dat ‘n organisasie eers seker maak dat hulle ‘n goeie Engelse of Afrikaanse weergawe van ‘n dokument het. Dit is altyd die eerste stap. Sodra ‘n dokument in gewone Engels geskryf is en deur hulle lesers getoets is, kan ‘n organisasie daardie dokument dan vertaal in ‘n ander taal, soos Afrikaans.
Die grafiek hierbo is van Parent24. Die informasie is verkry vanaf ‘Oxford University Press’ wat sopas Hola! Masifunde, die eerste isiXhosa huistaal-leesprogram bekend gestel het.
Dit is absoluut onsinnig om Latyn of Frans in ‘n Suid-Afrikaanse regsdokument te gebruik.
Iets om oor na te dink. As Suid-Afrika 11 offisiёle tale het, hoekom op aarde, sal ‘n mens ‘n ander taal gebruik in regsdokumente wat nie een van daardie tale is nie. Dit is absoluut onsinnig om Latyn of Frans in ‘n Suid-Afrikaanse regsdokument te gebruik.
Vertaling van regsdokumente is nie ‘n maklike taak nie en dit moet versigtig benader word. Dit is baie maklik vir die betekenis om verlore te raak agter die woorde. Die regte persoon moet die vertalings doen. Die regte persoon is:
- ‘n prokureur;
- wat tweetalig is; en
- wie ook ‘n kenner in die weld van ‘gewone taal’ (wêreldwyd bekend as ‘plain language’) is.
Dit is uiters belangrik om die regsterminologie reg te kry. Ons het die beste mense vir hierdie taak.
Stel u belang?
Doen nou navraag
Ons sal u kontak om meer uit te vind van u benodighede.